DIE KONSEPBELEIDSPROGRAM VAN DIE IVP

 

 

 

 

DIE INKATHA VRYHEIDSPARTY

 

WAAROM BESTAAN DIE IVP?

 

Die IVP bestaan as ’n politieke party om die mense van Suid-Afrika te dien, en dit in die gees van ubuntu/botho te doen. Ons hoofdoel is om te dien. Dit is waarom ons bestaan. Ons neem deel aan verkiesings en ons streef na mag om die mense te dien deur hulle behoeftes aan te spreek en doen dit daardeur beter as enigiemand anders. Ons is dienaars, nie meesters nie, van die mense.

 

Ons erken ubuntu/botho as die grondslag van alle menslike interaksie. Geen persoon kan op sy eie bestaan nie. Omdat ons is wie ons is slegs deur ons interaksie met ander, respekteer ons almal en behandel almal met menslikheid en empatie, en op ’n manier wat hulle intrinsieke menslike waardigheid erken. 

 

WAAROM IS ONS NODIG?

 

Demokrasie in Suid-Afrika word toenemend bedreig deur ’n hegemoniese regerende party wat opposisiepolitiek as verraad beskou en gefikseer is om sy houvas op mag vas te lê. Die IVP is die enigste nierassige, hoofsaaklik swart-gebaseerde party met die langtermyn potensiaal om die land te regeer. Ons verteenwoordig die politieke kern, wat die gesentraliseerde sosialisme sowel as die streng ‘alles is veroorloof’ liberalisme verwerp. Hierdie uiterstes is nie tot Suid-Afrika se voordeel nie. Ons is die ware alternatief.

 

Die IVP is noodsaaklik om ons jong demokrasie te beskerm teen een-party absolutisme en om Suid-Afrika te lei in ’n tweede golf van demokratiese hernuwing, ’n meer diepgaande demokrasie en om dit nader na die mense te neem. Dit is ons missie.

 

’n Sterk IVP vir ’n sterk Suid-Afrika.

 

WIE IS ONS? WAT IS ONS WAARDES?

 

Waardes rig ’n mens se gedrag. Dit geen betekenis aan wat ’n mens doen. Dit  toon wie jy is en waarvoor jy staan. Waardes is dus die grondslag van enige organisasie se beleide en programme.

 

Die IVP het drie sleutelwaardes. Hulle is: Solidariteit, Vryheid en Eenheid in  Diversiteit, waarvan almal onderling verbind is tot, en elkeen verband hou met, sekondêre waardes.

 

 

 

Solidariteit: In ons diens aan die mense, sal die IVP diegene wat geraak word deur armoede, werkloosheid, misbruik, misdaad en ander sosiale probleme en diskriminasie bystaan. Daar is ’n enorme aantal mense in Suid-Afrika wat, indien hulle uitgelewer word aan die vereiste van die mark of ’n minimalistiese staat, selfs meer sal ly onder plundery as wat die noodlot oor hulle gebring het. Die IVP sal nie ongevoelig wees wanneer ons mense swaarkry nie, maar sal saam met hulle werk as ’n uitdrukking van menslikheid en broederskap, deur ondersteuning te bied.

 

Vryheid. Ons streef na ’n Suid-Afrika waarin die potensiaal van elke persoon vir ’n waardige lewe met integriteit binne ’n demokratiese omgewing verwesenlike  kan word. Ons glo almal het die reg tot deelname aan partysake en om hulself te verbeter indien hulle aktiwiteite gegrond is op integriteit. Almal in die party het die reg om te praat en gehoor te word, om waardig behandel te word en om vir enige pos in aanmerking te kom. Ons gryp interne demokrasie, deursigtigheid en aanspreeklikheid aan. Op die nasionale toneel staan ons vir ’n konstitusionele staat waarin individuele regte beskerm word teen ’n indringende regering, waarin die armes en kwesbares ondersteun word, en waarin die outonomie van burgerlike samelewing nie geskend word nie.

 

Eenheid in Diversiteit: Ons gryp ons verskille aan en verwerp die opvatting dat ons almal dieselfde is. Ons is natuurlik gelyk onder die wet, maar Suid-Afrika bestaan nietemin uit vele verskillende kulture, groepe, rasse, gelowe, gemeenskappe en mense. Nie een hiervan is belangriker as enige ander een nie, en ons gryp Christelike en ander waardes gebaseer op geloof aan. Die IVP verwelkom almal in ons midde. Ons is inklusief, ons bevorder multikulturalisme en ons moedig ons kieserspubliek aan om mag onder hulle te verdeel. Die IVP is ’n tuiste vir alle Suid-Afrikaners wat ons waardes en beleide voorstaan. Almal is welkom om by ons aan te sluit in ons grootse poging om Suid-Afrika ’n beter land te maak.

 

Hierdie waardes weerspieël wie ons is omdat hulle ons gedrag as politieke party rig. Hulle weerspieël ook waarna ons streef vir die land as geheel.

 

ONS VISIE

 

Watter soort gemeenskap wil ons vir onsself en toekomstige geslagte hê? Kortliks is dit ’n regverdige, welvarende en morele gemeenskap wie se burgers met mekaar omgaan op die grondslag van ubuntu/botho.

 

’n Regverdige gemeenskap is een wat billik is, wat die uitdagings van ons verlede suksesvol en ongelukkig selfs die hede aangespreek het – die gebrek aan toegang tot basiese dienste, tot volhoubare werk, tot kwaliteit onderwys en gesondheidsorg, en tot sekuriteit. Dit lei ook tot vryheid en gelykheid vir almal voor die wet, ongeag wie ’n mens is en waarvandaan ’n mens kom.

 

’n Welvarende gemeenskap is een waarin massa-armoede uitgewis is en waar ons mense in staat is om ’n beter lewe te ly, waarin elkeen in staat is om sy of haar volle menslike potensiaal te verwesenlik. ’n Welvarende gemeenskap bied geleenthede vir almal, bied hoë kwaliteit dienste en dra by tot stabiliteit en eenheid.

 

’n Morele gemeenskap is een wat gelei word deur tydlose morele voorskrifte van die goeie, in teenstelling met die situasie in Suid-Afrika vandag wat dikwels gekenmerk word deur vrees, geweld, misdaad, gierigheid en korrupsie. Ons glo in ’n gemeenskap wat gegrond is op ’n sterk gesin en sterk gemeenskap. Daar is ’n kontras tussen sommige immorele leiers en elite en die essensiële goedheid van die meeste Suid-Afrikaners – ons glo almal kan ’n rol speel om Suid-Afrika ’n beter plek te maak.

 

’n Gemeenskap wat ondersteun word deur die gees van ubuntu/botho moet noodwendig geregtigheid en welvaart en moraliteit vir almal bevorder. Ons glo so ’n  gemeenskap is moontlik, en nie bloot ’n droom nie. Ons glo ons waardes van solidariteit, vryheid en eenheid, en ons beginsels en beleide gekoppel aan sterk leierskap en politieke moed kan hierdie visie verwesenlik.

 

WERKSKEPPING DEUR DIE EKONOMIESE GROEI TE MAKSIMEER  

 

DIE UITDAGING

 

Sonder vinniger ekonomiese groei kan die uitdaging om voldoende aantal volhoubare poste te skep nie die hoof gebied word nie. Tans, selfs met die 4.5% groeikoers, die aantal werklose persone wat elke jaar styg – ongelukkig bly GEAR se 6% ekonomiese groeiteiken ons steeds ontwyk.

 

Ons stem saam met die meeste ekonome wat ten einde die vlakke van werkskepping te genereer, die ekonomie moet groei teen 8% of 9% plus, in vergelyking met die meer suksesvolle ontluikende ekonomieë.

 

Die feit is dat Suid-Afrika moet groei teen ongeveer 9% ’n jaar. Indien ons hierdie 9%-groei volhou oor ’n tydperk van 5 jaar, sal ons ekonomie wesenlik groter wees teenoor slegs ’n 5%-groei, tot die opsigtelike voordeel van alle Suid-Afrikaners, vir diegene wat werk het en werkloos is.

 

Die belangrike punt is dat terwyl groei nie opsigself al die probleme van werkloosheid, armoede of ongelykheid kan oplos nie, verskaf dit die nodige hulpmiddels aan beleidmakers om ’n verskeidenheid sosio-ekonomiese probleme meer doeltreffend aan te pak.

 

 

 

DIE OPLOSSING

 

Die IVP glo ons kan wel ons ekonomie teen 9% per jaar laat groei.

 

Wat vereis word om ons huidige gematigde groei te verbeter is die volgende maatreëls:

 

ü  Verbeter ons vaardigheidsbasis dramaties. Dit behoort deur middel van ’n verskeidenheid maatreëls plaas te vind, waarvan die belangrikste beter onderwysuitsette is uit ’n stelsel wat tans ’n krisis ervaar. Ons moet ook toegang verkry tot die globale mark vir geskoolde werkers en entrepreneurs omdat ons vaardigheidstekorte groei beperk en omdat elke geskoolde werker wat ons invoer addisionele permanente werk teen minimale koste genereer.

ü  Verander ons arbeidswette om dit makliker vir klein besighede te maak om nuwe werksgeleenthede te skep. In die meeste lande is dit die KMMO’s wat die grootste aantal poste genereer, maar dit is nie die geval in Suid-Afrika nie wat gefikseer is op die rol van groot maatskappye.

ü  Gee kleiner besighede makliker toegang tot kapitaal. Dit is baie moeilik vir nuwe toetreders tot die ekonomie om kapitaal te bekom en ons moet dit regstel indien ons entrepreneurskap wil bevorder.

ü  Verbeter ons infrastruktuur (paaie, kragtoevoer, hawens). Dit is van kritiese belang. Ons het te min kragstasies, ons hawens is in ’n swak toestand en die spoorwegstelsel kan nie byhou nie.

ü  Liberaliseer die kommunikasiesektor. Moderne, kostedoeltreffende kommunikasie is sentraal in enige moderne ekonomie. Die huidige bestuurde liberaliseringsproses het Suid-Afrika wie se kommunikasiekoste heelwat hoër is as wat dit behoort te wees indien ons die ekonomie vinniger wil laat groei, in die steek gelaat.

 

Die IVP staan nie onbeteuelde, laissez faire kapitalisme voor wat geassosieer word met ’n minimale staat nie. Ons is in werklikheid ’n ontwikkelingstaat, maar dit impliseer nie ’n oorintervensionistiese staat wie se aksies die groeipotensiaal van ons ekonomie onnodig beperk nie. Hoewel ons egter die belangrike rol van die staat moet erken, glo ons dat meer klem gelê moet word op die rol van die privaatsektor om groei en werksgeleenthede te skep. En ons moet verseker dat wat ons ook al doen om groei en werksgeleenthede te bevorder, ons ons meer kwesbare burgers moet beskerm en ’n veiligheidsnet vir die armes moet bied.

 

HAVE YOUR SAY

 


BEVEG ARMOEDE

DIE UITDAGING

 

’n Wesenlike deel van ons bevolking is vasgevang in armoede. ’n Mens se waardigheid word aangetas beide ten opsigte van die gebrek aan toegang tot materiële hulpbronne deur die armes en omdat hulle armoede ’n belediging vir hulle menswaardigheid is.

 

Die IVP glo wel die grootste aanklag teen demokrasie in Suid-Afrika is dat armoede versleg het, en kom in werklikheid vandag meer voor as in enige tyd in ons onlangse verlede. Nóg die vlakke van ekonomiese groei nóg die onderskeie maatreëls wat die regering tot op datum getref het was voldoende om die armes uit die klem van armoede te verlos.

 

Terwyl die IVP die wydverspreide voorsiening van toelaes aan die armes onderskryf, moet dit gebalanseer word teen die lang termyn, meer volhoubare ingrypings wat selfvoorsiening en selfhelp aanmoedig. Die huidige benadering om afhanklikheid te verhoog en ’n kultuur van geregtig wees op dinge te skep het ook die natuurlike geneigdheid van armes verswak om hulle omstandighede te probeer verbeter. Tans gaan die armes gebuk onder vervreemding, wanhoop en desperaatheid.

 

Die IVP sal dit verander.

 

DIE OPLOSSING

 

By ’n gebrek aan gepaste ekonomiese vaardighede en dikwels vasgevang is sub-ekonomiese landelike gebiede, het die armes anti-armoede maatreëls nodig om hulle lewenskanse te verbeter. Die IVP glo dat beide kort- en langtermyn inisiatiewe vereis word.

 

In die korttermyn het die armes maatreëls nodig om hulle lewenstandaard te verbeter, insluitend:

 

ü  Verbeterde infrastruktuur – beter paaie, water, energie en sanitasie.

ü  Verbeterings aan die toelaestelsel – beter voordele vir bejaardes, vir kinders aan die hoof van huishoudings, vir versorgers van Vigs wesies, vir kinders. ’n IVP regering sal ’n Basiese Inkomste-toekenning implementeer.

ü  Verbeterde gesondheidsorg – beter plaaslike voorkomende en genesende sorg teen minimale koste.

In die langer termyn moet armes toegerus word met die vaardighede om ’n  ordentlike lewenstyl vir hulleself te bou. Die IVP glo:

 

ü  Onderwys is die sleutel om mense van armoede te bevry. Onderwys vir die armes moet dramaties verbeter word. Tans is onderwys vir die armes veral in krisis, wat daartoe bydra dat die armes arm bly.

ü  Daar moet lewe geblaas word in landbou op die platteland. ’n Gesonde landbousektor is uiters noodsaaklik vir voedselsekerheid en volhoubare lewensmiddele. Die regering moet ’n bydrae lewer met opleiding, saad, trekkers en so aan.

ü  Daar is ’n behoefte om – met regeringshulp - ’n besef van selfdoen en selfstandigheid te vestig en te bevorder om ’n beter lewe te bou en om permanente afhanklikheid van die staat te ontmoedig.

ü  Munisipaliteite, en provinsies, speel ’n sleutelrol om armoede te verlig. Hulle magte en hulpbronne om armoede te hanteer moet vermeerder word. Die regering moet saam met NROs en burgerorganisasies as vennote werk.

 

Ten spyte van sy positiewe ingrypings het die regering oor drie ampstermyne misluk om beslissend en doeltreffend teen armoede op te tree. Armoede en ongelykheid is egter steeds op onaanvaarbaar hoë vlakke. Ongelukkig is daar geen teken dat die situasie verbeter nie en ook geen omvattende plan om die situasie permanent te verbeter nie.

 

Die IVP het egter die menslikheid en visie om te doen wat reg is en wat nodig is om die armes se las te verlig.

 

HAVE YOUR SAY

 

WET EN ORDE

 

DIE UITDAGING

 

Die belangrikste verantwoordelikheid van enige regering is om die veiligheid en sekuriteit van sy burgers te verseker. Daarsonder beteken nie een van die ander politieke doelstellings veel nie. ’n Mens kan dus met oortuiging redeneer dat die skep van ’n wetsgehoorsame land die enkel mees belangrike beleidsprioriteit moet wees.

 

Die uitdagings wat ons swak kriminele regstelsel in die gesig staar is legio. ’n Paar voorbeelde: die howe neem te lank om sake te finaliseer; daar is ondoeltreffende polisiëring; hulpbronne is onvoldoende; daar is te veel sentralisasie van polisiefunksies, insluitend misdaadvoorkomingstrategieë; ons grense is onbeskermd, en gee misdadigers vrye toegang en uitgang; daar is ’n gebrek aan behoorlike opleiding; daar is ’n gebrek aan respek vir gesag; daar is politieke inmenging in die stelsel (bv. die ontbinding van die DSO/Skerpioene); ons tronke is oorvol; die polisie word ontmagtig deur hulle nie toe te laat om maksimum krag te gebruik om misdadigers te arresteer nie; korrupsie is endemies.

 

 

In die algemeen is die hofprosesse omslagtig, en die staat het nie die vermoë om die vele en komplekse vervolgings suksesvol te hanteer nie; die doeltreffendheid van die polisie het skerp gedaal; en die tronke is berug vir hul kriminaliteit en korrupsie.

 

Intussen, aangesien 70% van alle sake nie tot finaliteit vervolg word nie, kom die meeste misdadigers ongestraf weg, vry om hulle lewens van misdaad voort te sit. En om alles te kroon word misdaad in Suid-Afrika gekenmerk deur oormatige geweld, wat ’n psigose onder ons mense skep deur te wonder of elke dag hulle laaste dag gaan wees.

 

DIE OPLOSSING

 

Heelwat is nodig om dit te verander. Terwyl daar vordering in sekere areas was, is dit in die algemeen onvoldoende en moet vinnig versnel word.

 

Die regsprekende gesag:

 

ü  Verpligte tydsraamwerk moet in wetgewing vervat word om die doeltreffendheid van uitsprake en vonnisoplegging te verbeter.

ü  Toegang tot die howe moet verbeter word. Ons moet seker maak dat regskoste bekostigbaar is deur onder andere die regshulpstelsel te verbeter.

ü  Korrupsie moet uitgeroei word.

ü  Werksomstandighede van die regsprekende gesag moet verbeter word.

ü  Aanstellings as regters moet gedepolitiseer word.

 

Polisiëring:

 

ü  Ons moet die opleidingstelsel verbeter, met spesiale fokus op ondersoek- en forensiese vaardighede.

ü  Polisiëringmagte moet gedesentraliseer word, selfs tot op plaaslike vlak.

ü  Daar moet baie meer gemeenskapsbetrokkenheid wees in misdaadvoorkoming en ’n kultuur van respek vir gesag moet gekweek word, en die polisie moet meer aanspreeklikheid aanvaar vir gemeenskappe.

ü  Die regering moet voldoende hulpbronne verskaf vir doeltreffende en professionele polisiëring.

ü  Aanstellings in die polisiediens moet gedepolitiseer word.

ü  Werksomstandighede moet wesenlik verbeter word.

ü  Die land moet ’n hoogs gekwalifiseerde, goed besoldigde en hoogs gemotiveerde groep misdaadbestryders ontwikkel om Suid-Afrika te beveilig.

ü  Meer fokus moet geplaas word op slagoffers se regte.

 

Tronke en korrektiewe instellings:

 

ü  Die paroolstelsel moet hersien en gedepolitiseer word om te verhoed dat geharde misdadigers en diegene met politieke bande bevoordeel word.

ü  Dwangarbeid moet weer ingestel word vir sekere kategorieë misdaad en daar moet strenger beheer wees oor toestande waarin geharde misdadigers hulle vonnisse uitdien.

ü  Daar moet verbeterde werksomstandighede wees.

ü  ’n Groter poging moet aangewend word om jeugoortreders te rehabiliteer.

ü  Daar behoort alternatiewe vir tronkstraf te wees vir diegene wat skuldig bevind word aan geringe oortredings.

ü  Meer tronke en korrektiewe fasiliteite moet gebou word.

ü  Korrupsie moet uitgeroei en aanstellings gedepolitiseer word.

 

Sedert 1994 kon die kriminele regstelsel nie aan die behoeftes voldoen nie, en vir die meeste Suid-Afrikaners is die stelselmatige kriminalisering van ons  gemeenskap het so erg, indien nie erger as wat dit voorheen was nie. Wat baie beskou as ’n sagkense benadering het nie gewerk nie. Dit is tyd vir ’n nuwe, strenger en leer gelokaliseerde benadering.

HAVE YOUR SAY

 

 

ONDERWYS

 

DIE UITDAGING

 

Onderwys in Suid-Afrika verkeer in ’n krisis. ’n Paar voorbeelde:

 

Die regering het klaaglik misluk in die verskaffing van onderwys wat ons studente vir die werksmark voorberei. Daar is tans ’n tekort aan hoogs gekwalifiseerde, goed besoldigde en hoogs gemotiveerde opvoeders. Onder die huidige stelsel is daar ’n skaarsste of wisselvallige verspreiding van hulpbronne. Die bestuur van die hele onderwysstelsel is struktureel wanfunksioneel. Die huidige stelsel spreek nie die tekort aan opvoeders in die velde van wiskunde, wetenskap en tegniese vakke aan nie. Ons onderwysinstellings het toevlugsoorde vir dwelmmisbruik, geweld, tienerswangerskappe, swak dissipline en immorele gedrag geword. Onder die huidige stelsel speel skoolbeheerliggame geen betekenisvolle rol nie. Die stelsel verkeer in ’n krisis as gevolg van die regering se ontkenning van die MIV/Vigs pandemie.

 

Algeheel is onderwys in ’n benarde toestand.

 

DIE OPLOSSING

 

Spesifieke kwessie wat aandag moet kry sluit die volgende in:

 

 

ü  Suid-Afrika het ’n gediversifiseerde onderwysstelsel nodig wat behoorlik voorsiening maak vir die beroeps-, tegniese en akademiese behoeftes van die land.

ü  Die land moet hoogs gekwalifiseerde, goed besoldigde en hoogs gemotiveerde opvoeders ontwikkel om kwaliteit onderwys te behaal.

ü  Ons het meer onderwyskolleges nodig en heelwat meer beurse moet beskikbaar gestel word in geteikende vakke soos wiskunde en wetenskap.

ü  Ons moet seker maak dat alle leerinstellings oor voldoende en gepaste hulpbronne beskik.

ü  Beleidmaking moet afgewentel word na provinsies met die outonomie om hul eie onderwysbeleide te formuleer wat geskik is vir hulle diverse behoeftes.

ü  Dissipline, vir leerders en opvoeders, moet herstel word in skole. Daar moet weer respek vir gesag en respek vir die beroep gekweek word. Ons moet wette hersien wat antisosiale gedrag toelaat of aanmoedig.

ü  Ons moet gekwalifiseerde en ervare personeel wat ontydig vir die beroep verloor is terugroep, deur beter insentiewe aan te bied.

ü  Ons moet die gebruik van derde party agentskappe in die verspreiding van handboeke en skryfbehoeftes minimeer. Bestaande personeel moet opgelei word in die verkrygings- en leweringsprosesse.

ü  Ons moet ’n kultuur van verantwoordbaarheid deur die hele stelsel, op onderwyser- en bestuursvlak terugbring.

ü  Onderwys behoort gratis te wees tot en met graad 12. Ons moet wegdoen met die ondoeltreffende maatreëls wat kenmerkend van die status quo is.

ü  Ons moet tersiêre onderwys meer bekostigbaar maak.

ü  Ons moet ons opleiding meer mededingend in die wêreldmark maak.

 

Terwyl die regering ’n rasdiskriminerende onderwysstelsel geërf het, het hy nietemin gefaal om alle Suid-Afrikaners van kwaliteit onderwys te voorsien, en daar bly ’n groot gaping tussen die onderwys wat aan die armes en die res gebied word. Die IVP glo dat baie meer gedoen moet word om geërfde ongelykhede aan te spreek en om seker te maak die onderwysstelsel bied aan almal die middele om sy of haar potensiaal te bereik.

 

HAVE YOUR SAY

 

 

GESONDHEIDSBELEID

 

DIE UITDAGING

 

Indien die enkele bepalende gesondheidkwessie is of burgers toegang het tot bekostigbare, goeie kwaliteit gesondheidsdienste het, is die antwoord ongelukkig “nee”. Die gesondheidstelsel staan voor vele uitdagings, maar ondanks die feit dat Suid-Afrika soveel of meer aan gesondheid spandeer as ander vergelykbare lande, is ons uitsette neerdrukkend: byvoorbeeld, die gemiddelde lewensverwagting van post-apartheid Suid-Afrikaners daal elke jaar terwyl dit eintlik moet styg.

 

 

 

 

Die mees skokkende geval van die mislukking van die gesondheidstelsel hou verband met die uiters swak leierskap van die regering ten opsigte van die MIV/Vigs- pandemie waarvan die voorkomsyfer sedert 1994 van 3% tot tussen 11% en 17% gestyg het. Die anti-intellektuele, anti-wetenskaplike en pro-kwaksalwer leierskap van die gesondheidsdepartement het veroorsaak dat SA deur die wêreld uitgelag word en te veel van ons mense veroordeel tot ’n ellendige en onnodige dood. Die toegewing aan andersdenkendes se ontkenning het dit ook daartoe gelei dat die land ’n kans verspeel het vir ’n vroeë en deurslaggewende ingryping toe die infeksiekoers meer beheerbaar was. Die regering moet die land om verskoning vra vir die tragedie wat daarop gevolg het.

 

Ander uitdagings vir ons gesondheidstelsel sluit in: die dikwels haglike toestand van ons klinieke en gemeenskapgesondheidsentrums met tekorte aan toerusting en medikasie; die kritieke tekort aan professionele gesondheidspersoneel by staatshospitale in die algemeen en veral landelike hospitale; swak behandeling van professionele gesondheidswerkers in landelike gebiede wat lei tot gelatenheid en verydeling; ’n “uit die oog, uit die hart” houding teenoor oordraagbare siektes; ens.

 

DIE OPLOSSING

 

MIV/Vigs

 

ü  Die IVP sal radikaal afwyk van die huidige volksmoord MIV/ Vigs beleid en MIV/Vigs as ’n nasionale krisis verklaar.

ü  Die IVP staan onthouding, uitgestelde seksuele debuut, verlaging in aantal seksuele maats (voorhuwelikse pare), getrouheid (getroude pare) en meer kondoomgebruik (onder seksueel aktiewe mense) as die mees doeltreffende maniere vir die voorkoming van MIV infeksie voor.

ü  Wat behandeling betref sal die IVP die opgradering van die gesondheidstelsel prioritiseer en behandeling implementeer ooreenkomstig die oorspronklike teikens van ’n addisionele 278 000 mense wat elke jaar ARMs moet ontvang. 

ü  Die IVP sal die ARM implementering ondersteun deur samehangende en konsekwente boodskappe oor die relatiewe voordeel van ARMs, voeding en alternatiewe medikasie te gee. 

ü  Die IVP sal voorstaan dat Vrywillige Berading en Toetsing (VBT) op ’n roetinebasis gedoen word soos ander grondlynbloedtoetse om MIV/Vigs te destigmatiseer.

ü  Die IVP se Ministerie van Gesondheid sal magte onder die Wet op Patente gebruik om verpligte lisensies uit te reik om die plaaslike produksie of invoer van generiese alternatiewe van die gepatenteerde dwelms moontlik te maak.

 

 

 

 

 

Ander:

 

ü  Die IVP sal die kundigheid van Mensehulpbron praktisyns, kundiges en navorsers benut om ’n Mensehulpbrongesondheidsplan (MHGP) te formuleer vir die werwing en behoud van geskoolde professionele gesondheidswerkers in die openbare sektor.

ü  Hierdie plan sal die status quo verander waar sommige hospitale werk met ’n verhouding van 1 verpleegster vir elke 18 pasiënte tot 1 verpleegster vir 4 pasiënte in algemene sale. As ’n werwingstrategie ondersteun die IVP die verhoging van openbare sektor salarisse.

ü  Die IVP sal magte en gesondheidsfunksies na provinsiale, distriks- en plaaslike regerings desentraliseer. Ons sal ook hulle pogings ondersteun om toegang te kry tot internasionale toekennings soos die Global Fund om MIV/Vigs, TB en malaria te beveg.

ü  Alhoewel die IVP professionele gesondheidsorgkundiges ondersteun wat aan professionele verenigings behoort, staan ons die vakbondvorming van gesondheidsorgwerkers teen omdat dit ’n noodsaaklike diens is. Ons glo verder dat aanstellings in die onderskeie gesondheidsektorrade gedepolitiseer moet word en dat die Minister se magte in hierdie opsig ingeperk moet word.

ü  Die IVP is verbind om gesondheidsorgpraktisyns ‘op grondvlak’ meer te raadpleeg aangesien hulle werk hulle unieke insigte bied in die struikelblokke wat hulle pasiënte ondervind.

ü  Die IVP sal die ekonomiese regte van mense wat met MIV/Vigs leef bevorder, huidige CD4 telling-gebaseerde ongeskiktheidtoelaagkriteria hersien en verbeter, en potensieel ’n chroniese-siektetoelaag instel.

 

Daar was vordering in die gesondheidsorgstelsel sedert 1994, maar dit word oorskadu deur die regering se klaaglike mislukking om MIV/Vigs bevredigend te hanteer. Die gevolglike volksmoord sal vir altyd ’n skandvlek vir die regering wees en sy geloofwaardigheid ondermyn.

 

HAVE YOUR SAY

 

DIE DEMOKRATIESE UITDAGING

 

DIE UITDAGING

 

Sedert 1994 was politieke ontwikkeling in Suid-Afrika teenstrydig aangesien daar vordering, stagnasie en agteruitgang was. Ons loof die vordering, keur die stagnasie af en vrees die agteruitgang. Ongelukkig, in die jare sedert die behaling van vryheid in 1994, het sekere neigings te voorskyn gekom wat tekenend is dat demokrasie in Suid-Afrika bedreig word:

 

o   Die groeiende realiteit dat SA besig is om ’n proseduredemokrasie te word wat in alles behalwe in naam, ’n eenpartystaat is.

o   Bedreiging van persvryheid, insluitend teistering van joernaliste, vooraf sensorskap en gereelde ongemotiveerde beswering van verraad en rassisme, sowel as die openbare uitsaaier wat bestuur word as die regeringsuitsaaier.

o   Die toenemende sentralisering van mag nasionaal en binne die  presidentswoning, ten koste van provinsies en munisipaliteite.

o   Toenemende regerende party hegemonie in alle areas van die politiek, die ekonomie en gemeenskap.

o   Die samesmelting deur die regerende party, van party en staat, asof die belange van die twee presies dieselfde is.

o   Die demonisering van die opposisie as onpatrioties, as sou hulle onegte belange dien.

o   Die misbruik van mag van begunstiging om regerende party dominansie in alle areas van die lewe in Suid-Afrika te verskans. Dit sluit in sy aangestelde persone wat die veronderstelde onafhanklike instellings wat gevestig is in Hoofstuk 9 van die Grondwet domineer.

o   Die regerende party se liberaliseringsbewegingmentaliteit waarin hy hom nog moet sien as of funksioneer as ’n normale politieke party, en sy voorstelling van homself as die enigste ware verteenwoordiger van die mense.

o   Die misbruik van oorlopery, wat die opposisie en kiesersvertroue in die kiesstelsel verswak.

o   Herhaalde skendings van die gees van demokrasie deur die regerende party se bestuur.

o   Toenemende korrupsie, veral deur die regerende party wat beskerming binne en buite die regering uitdeel.

o   Toenemende arrogansie van mag deur die regerende elite waarin hulle selfs poog om hulself bo die wet te verhef.

o   Misbruik van mag, insluitend inmenging in die regs- en vervolgingsowerhede.

o   Tallose voorbeelde waar beleid nie tot uitvoer gebring is nie, wat lei tot toenemende openbare ontevredenheid.

o   Heelwat van bogenoemde word uitgevoer in die naam van die regerende party se “nasionale demokratiese rewolusie” waarvan die doel skynbaar geheilig word deur ’n toenemende verskeidenheid ondemokratiese metodes.

 

DIE OPLOSSING

 

Die verontrustende mag van die regerende party moet beheer word. Die IVP het ’n oplossing. Eintlik is die IVP die oplossing. In die medium- tot langtermyn het die IVP, as die tweede grootste swart-gebaseerde party, die grootste potensiaal om uit te brei om die ANC die stryd aan te sê, en dit is van die allergrootste belang dat die IVP homself posisioneer en ondersteun word deur die kiesers, om hierdie rol te vervul.

 

Ons wil die volgende bereik:

 

ü  Brei die IVP uit tot ’n groter party. Die mense moet sien en glo dat die regerende party nie onbepaald kan groei nie.

ü  Word ’n lewensvatbare alternatief vir die regerende party.

ü  Word die plaasvervanger regering. Demokrasie sal ten beste gedien word indien daar realistiese vooruitsigte is dat die regerende party vervang kan word as die regering van die dag.

ü  Intussen sal die IVP optree as die voog of waghond van demokrasie deur:

§  alle gevalle van misbruik van mag te beklemtoon;

§  bedrog en korrupsie openbaar te maak; en

§  die mense te beskerm teen die inbreuk van die staat.

ü  Die IVP sal voortgaan om die toenemende sentralisering van mag teen te staan. Ons sal alles doen wat ons kan om die provinsies te beskerm teen pogings om hulle mag te verminder.

ü  Die IVP in regering moet ’n rolmodel van goeie regering wees en moet goeie dienslewering vertoon.

ü  Ons verbind ons tot die wysiging van die Grondwet om groter outonomie aan die burgerlike samelewing, insluitend die vryheid van die pers te bied.

ü  Ons sal die regering nader aan die mense bring, en die mense ’n groter sê gee in hoe hulle regeer word.

ü  Ons wil die kiesstelsel verander om die verantwoordbaarheid van openbare verteenwoordigers teenoor diegene wat vir hulle stem te verbeter.

 

Die gevare van ’n onbeheerde, onverdraagsame en arrogante regerende party vir demokrasie is duidelik. En, alhoewel SA opposisiepartye nodig het, is die idee vals dat enige van hierdie partye homself verklaar as die enigste alternatief. Die IVP het ’n blink toekoms en sal onafhanklik en vasberade ons historiese rol speel om SA ’n beter plek vir al sy mense te maak.  

HAVE YOUR SAY

 

 

HERSTEL DIE ONREG VAN DIE VERLEDE

 

DIE UITDAGING

 

Suid-Afrika se apartheidverlede leef voort in die hede, nie polities nie, maar ten opsigte van ’n groot verskeidenheid onbillike nalatenskappe wat die voorheen verdruktes en ongelukkig, te veel van hulle post-1994 kinders en kleinkinders benadeel. In lewenstandaarde, gesondheid, onderwys, toegang tot ekonomiese en soortgelyke geleenthede, behels die uitwissing van enorme agterstande ’n gepaste beleid en die besteding van heelwat hulpbronne en sal ’n geslag of meer neem om dit bevredigend te hanteer.

 

Ongelukkig, terwyl die regerende party egter ’n proses van herstel begin het, het hy nie ver genoeg gegaan nie en in vele areas neem dit te lank om te implementeer. Gevolglik is daar byvoorbeeld meer Suid-Afrikaners wat vandag in armoede leef as in 1994, en Suid-Afrika se plasing in die Verenigde Nasies se Mense-ontwikkelingsindeks daal elke jaar. Vir ’n post-apartheid demokratiese regering is dit eenvoudig nie goed genoeg nie. Veral in die sosiale en ekonomiese velde moet die gevolge van apartheid op ’n meer stelselmatige en omvattende manier hanteer word.

 

DIE OPLOSSING

 

Die IVP glo die antwoorde lê in die volgende:

 

ü  Verklaar oorlog teen grootskaalse armoede en ongelykheid. Alhoewel die regering hom verbind het tot die halvering van armoede teen 2014, het SA waarskynlik nog die hoogste ongelykheid van enige gemeenskap in die wêreld, waarin groot rykdom en uiterste armoede langs mekaar bestaan. Groot rykdom is nie noodwendig verkeerd nie, maar langs uiterste armoede is dit onwelvoeglik.

ü  Stel duidelike en korter tydsraamwerke daar wat gekoppel word aan hersteldoelwitte. Die idee dat ons hierdie oorgeërfde probleme kan oplos in klein inkrementveranderings oor baie, baie jare is nie baie aantreklik vir die armes wat wag vir dienste wat ander tans ontvang nie.

ü  Vinniger ekonomiese groei is noodsaaklik omdat dit die hulpbronne sal verskaf wat die regering moet spandeer, terwyl ’n ekonomie wat uitbrei meer geleenthede bied vir selfvooruitgang. Gemiddelde groei verskaf gemiddelde vlakke van regeringspandering (wat is wat ons nou het), terwyl hoë vlakke van groei die regering van meer voorsien om te spandeer.

ü  Gee beduidend meer lewe aan die tweede-geslag regte wat verskans word in ons Grondwet. Heelwat is bereik sedert 1994, maar heelwat meer kan nog gedoen word. Die Grondwet bied mense die reg tot toegang tot verskeie regeringsdienste, op voorwaarde dat hierdie regte haalbaar is oor tyd. Maar ten opsigte van kwaliteit gesondheidsorg, onderwys, munisipale en soortgelyke dienste moet die land eenvoudig meer spandeer.

ü  Maak seker die staat dryf die herstelproses, deur

§  Hulpbronne direk aan die benadeeldes te verskaf. Direkte toelaes, lenings op maklike voorwaardes, verbeterde dienste, verbeterde toegang tot geleenthede (bv. tenders) en fisiese bates (bv. grond en behuising), is voorbeelde van instrumente wat gebruik kan word.

§  Bevorder selfhelp en selfstandigheid as sleutelkwessies. Die regering moenie net aan mense verskaf nie. Hy moet mense eweneens help om hulleself te help. Spesifieke programme wat gevestig is op hierdie beginsel (soos sweet-ekwiteitbehuising) moet geïmplementeer word.

§  Voorsien ’n omgewing wat bevorderlik is vir individuele selfvooruitgang. ’n Groeiende ekonomie met gesonde, geskoolde, veilige en gelukkige mense wat in staat is om hulle weg in die wêreld te vind is die mees verlangde resultaat. Die regering moet meer doen om so ’n omgewing te skep.

ü  Teiken kritiese areas, veral in die landelike gebiede en informele nedersettings en gee omvattend en holisties aandag aan hulle behoeftes ten opsigte van onderwys, gesondheid, grond, infrastruktuur en munisipale dienste.

 

Die regerende party doen nie genoeg en doen nie wat gedoen moet word vinnig genoeg om die ongelykhede en onreg van die verlede reg te stel nie. Maar ten minste probeer hy. Die IVP wie se kiesers egter die uiterste behoefte aan beter herstel het glo die regering is die dienaar van die mense en moet hulle bloot beter dien as wat die regerende party tans doen.

HAVE YOUR SAY

 

 

SUID-AFRIKA IN DIE WÊRELD

 

DIE UITDAGING

 

Die IVP herken dat Suid-Afrika ’n integrale deel van die Afrika kontinent en ’n rolspeler in die wêreldgemeenskap is.

 

Daar is groot uitdagings waarvoor Afrika egter te staan kom: die instorting van die regsorde; ’n gebrek aan kultuur van demokrasie en swak regeringsinstellings; ’n gebrek aan kultuur en respek vir menseregte; endemiese konflikte, oorloë en volksmoord; die teistering van MIV/Vigs; hongersnood, siektes en onderontwikkeling, etnisiteit; en xenofobie aan die kant van SA burgers.

 

Soortgelyk is daar verskeie globale uitdagings wat die hoof gebied moet word: die gebrek aan verbintenis onder ontwikkelde lande teenoor Afrika; probleme van terrorisme, dwelm- en mensehandel en oorloë; die manipulasie van multilaterale instellings deur supermoondhede; rassisme as ’n struikelblok tot integrasie in die wêreldgemeenskap; en die hantering van die gedagte van ’n Verenigde State van Afrika.

 

DIE OPLOSSING

 

Die IVP is ’n Suid-Afrikaanse party vir Afrika. Ons waardes verplig die IVP in ons aksie in die veld van internasionale verhoudings om:

 

ü  Streeks- en kontinentale forums en instellings soos SAOG en die AU te versterk en te demokratiseer.

ü  Meganismes te skep om lidstate te oortuig om verdrae en protokolle te sluit en na te kom wat demokrasie en goeie bestuur bevorder - bv. gereelde vrye en regverdige verkiesings.

ü  Konstitusionalisme en ’n kultuur van menseregte in Afrika state te bevorder.

ü  Voort te gaan om ’n aktiewe rol te speel in konflikoplossing en vredesmissies om konflikte en oorloë te beëindig.

ü  MIV/Vigs op die streeks- en kontinentale agenda te plaas en MIV/VIGS ’n kontinentale ramp te verklaar.

ü  Vennootskappe met ander Afrika nasies te vorm om navorsing oor MIV/Vigs, siektes en voedselsekerheid te stimuleer.

ü  In Suid-Afrika word die probleem van xenofobie vererger deur die feit dat ons ’n onbeskermde grens het wat lei tot ’n invloei van onwettige immigrante van noord van ons grense.

ü  Met ander Afrika nasionale state saam te werk om die ontwikkeling van Afrika in globale forums te prioritiseer.

ü  Multilaterale instellings soos die VN te demokratiseer om seker te maak daar is gelykheid tussen lidstate.

ü  Met ander nasionale state saam te werk in die stryd teen globale rassisme.

 

Suid-Afrika het antwoorde nodig vir Afrika. Terwyl die IVP die reg van enige land respekteer om sy interne aangeleenthede te hanteer, glo hy vas dat Suid-Afrika meer moet doen om op te staan vir gewone burgers op die kontinent wanneer hulle beste belange nie deur hulle regerings op die hart gedra word nie. Ons moet ons stem meer laat hoor wanneer ons te doen het met regerings wat nie menseregte respekteer nie en die regsorde misbruik. Dit is ons plig om demokrasie, nie outokrasie nie, te beskerm.

 

HAVE YOUR SAY

 

 

DIE MORELE UITDAGING

 

DIE UITDAGING

 

Suid-Afrika is vandag ’n land wat ’n morele kruispad bereik het. Indien ons op dieselfde pad en in dieselfde rigting voortgaan as sedert 1994, is ons bestemming een waar ons land toenemend beskryf sal word as moreel bankrot.  

 

Oral om ons sien ons die resultate van verkeerde gedrag. Suid-Afrika word nie net beskou as die misdaadhoofstad van die wêreld nie, wat opsigself erg genoeg is, maar ons is óf die top óf byna topoortreders ten opsigte van die mees moreel weersinwekkende misdade soos moord, geweldadige aanranding en misdaad teen kinders, vroue en bejaardes. Misdadigers word beskerm deur gemeenskappe. Openbare fasiliteite soos skole word gevandaliseer. Sekere onderwysers en leerlinge draai stokkies in plaas daarvan om op onderrig te fokus. Promiskuïteit is algemeen. Korrupsie kom algemeen voor, in die regering en besigheid. Baie jong dogters ondergaan aborsies sonder dat hulle ouers eers weet hulle kinders is swanger. Kinders respekteer nie hulle ouers of gemeenskapsleiers nie. Rampokkery word verafgod. Gierigheid en kornuitbegunstiging kom algemeen voor en regverdig allerhande soorte oordadigheid. Daar is ’n gebrek aan respek vir gemeenskapsleiers. En so aan.

 

 

 

Hierdie morele verval word nie aangespreek deur die regerende party nie, wat met sy permissiwiteit, korrupsie en minagting van die morele siening van die gewone man en vrou, self ’n groot bydrae tot die probleem lewer.

 

Die enigste alternatief om met hierdie pad voort te gaan is om te erken dat ons moreel verlore is. Ons moet van rigting verander. Dit is die morele uitdaging wat Suid-Afrika die hoof moet bied.

 

DIE OPLOSSING

 

Terwyl dit prysenswaardig is dat die regering ’n morele hernuwingsveldtog begin het, het sy voorstanders misluk om te voldoen aan die land se verwagtings – hulle misluk dikwels om te doen wat hulle voorstaan. Die IVP doen egter ’n beroep vir ware veranderings in mense se gedrag en die gedrag van leiers om Suid-Afrika ’n beter land te maak.

 

Die IVP glo sterk aan die menseregte wat aan ons toegeken word deur die Grondwet en sien geen doel om fundamentalistiese konserwatisme te bevorder nie – een oordadigheid hoef nie vervang te word met ’n ander in Suid-Afrika nie. Hier van sommige van die spesifieke maatreëls wat getref moet word:

 

ü  Bring die leer van ubuntu/botho terug na die skole. Burgerlike onderwys met die vooronderstelling dat menslikheid ubuntu/botho ondersteun is ’n sleutel tot langtermyn houdingsveranderings by jong mense.

ü  Informele houdings van onderwysers en leerlinge teenoor skoolwerk moet verander word. Onderwysers wat dronk is of dros of hulle skuldig maak aan seksuele omgang met hulle leerlinge moet streng gedissiplineer word. Daar moet streng opgetree word teen leerlinge wat in die strate rondloop in plaas van by die skool te wees. Ouers moet verantwoordelik gehou word.

ü  Daar moet ingrypende maatreëls teen korrupsie wees. Die regerende party se huidige verdraagsaamheid van sy lede se korrupsie en kornuitbegunstiging, veral in die regering, moet deur almal verwerp word. Enige gevalle van korrupsie deur SAPD lede, insluitend senior leiers moet veral streng hanteer word.

ü  Skaf oorlopery af wat demokrasie bederf.

ü  Almal se verbintenis om misdaad te beveg moet verhoog. Die polisie moet toegelaat word om krag te gebruik wanneer die redelik nodig is.

ü  Slagoffers se regte kan nie sekondêr wees teenoor dié van die misdadigers nie, soos tans die geval is. Die gemeenskap moet self reageer op die uitdaging om verdagtes uit te lewer.

ü  Bevorder die gesin en waardes wat die gesin bekragtig en versterk.

ü  Oorweeg die oordeelkundige en streng beheerde herinstelling van lyfstraf in skole en as ’n vonnishulpmiddel.

ü  Laat gebruike (soos toetse vir maagdelikheid) toe wat positiewe morele uitkomste versterk.

ü  Dissipline en selfdissipline moet bevorder en beloon word. Gebruik die fiskus om positiewe gedrag te beloon (bv. skoolprestasies).

 

Die IVP visie van ’n morele gemeenskap is teenstrydig met wat vandag algemeen in Suid-Afrika plaasvind. Die regerende party het bewys dat hy nie in staat is om die verval te keer nie. Die IVP, met sy verbintenis tot ubuntu/botho, sy gesonde balans van liberale, konserwatiewe en sosiale waardes en sy vasberadenheid om Suid-Afrika ten goede te verander, is egter in staat om die pad vorentoe aan te wys en hierdie veldtog vir morele vernuwing te lei.

 

HAVE YOUR SAY