MANIFES

Terug na Hoofblaai 
[Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 
Hoe die IVP Suid Afrika regeerbaar sal maak.
IVP President Mangosuthu Buthelezi
BOODSKAP VAN MANGOSUTHU BUTHELEZI, PRESIDENT VAN DIE IVP


Ons leef in 'n potensiële wonderlike land. Nie alleen is dit 'n mooi, dinamiese en opwindende land nie, maar dit is ook 'n land waarin ons mekaar moet vind om die talryke uitdagings wat ons in die gesig staar te bowe te kom, terwyl ons bou aan 'n toekoms vir onsself, en ons nageslagte.
Suid Afrika is egter ver van volmaak. Die land gaan gebuk onder die las van werkloosheid; misdaad; armoede; siektes en korrupsie. Sosiale verval; 'n algehele gebrek aan disipline en respek vir mekaar en traagheid in die algemeen, is aan die orde van die dag. Suid Afrika word nie doeltreffend regeer in sleutelaspekte nie. As gevolg hiervan is die land besig om onregeerbaar te word en was by tye reeds onregeerbaar.

Die feit dat burgers in al groter wordende getalle, slegs vyf jaar na ons demokratiese verkiesings in 1994, hulle kommer uitspreek en vrae vra oor die onvermoë van die demokrasie, om in talle sleutel areas resultate te lewer, behoort 'n groot bron van kommer vir 'n ieder en 'n elk te wees. Werksgeleenthede verminder teen 'n verontrusbarende tempo en hierdie tendens duur nog steeds voort. Met misdaad wat heeltemal hand uitgeruk het, is Suid Afrika nou berug as die Misdaad brandpunt van die Wêreld. Die grootste bron van kommer is egter die feit dat die misdaad situasie nie suksesvol aangespreek kan word sonder om die werkloosheids krisis ook aan te spreek nie. Korrupsie in elke sektor van die samelewing is 'n verraderlike euwel wat sy vlerke teen 'n onrusbarende tempo al wyer sprei. In baie aspekte word die lewe vir talle Suid Afrikaners al moeiliker. Hierdie situasie moet sekerelik vir u totaal onaanvaarbaar wees, soos dit vir my en die Party waarvan ek die leier is, die geval is.

Terwyl 'n mens aanvaar dat baie van die huidige probleme hulle oorsprong uit die verlede het en die wetlike blaam op die verlede geplaas kan word, het die tyd aangebreek waar ons moet ophou om die huidige mislukkings te regverdig met probleme wat ons uit die verlede ge-erf het. Daar breek 'n tyd aan dat dit nodig is om 'n regering se suksesse en mislukkings te oordeel tydens sy bewindstydperk. Die tyd om te oordeel het NOU aangebreek.

As die Regering van die dag nie opgewasse is vir sy taak nie, is dit dus nou die tyd om die regering te verander. Dit is nou die geleentheid vir 'n regering wat Suid Afrika weer regeerbaar sal kan maak. DIT IS TYD VIR DIE IVP.

As ons as die nuwe meerderheidsparty verkies sou word in die regering struktuur van Suid Afrika, sal ons 'n daadwerklike verskil maak, aangesien dit ons prioriteit sal wees om hierdie land weer regeerbaar te maak.

As ons slaag, slaag die land en almal wen. Ons moet hierdie land regeerbaar maak. Ons moet daarin slaag.

Die tyd van daadwerklike keuses het NOU aangebreek. Die tyd het ook aangebreek vir sterk leierskap. Ek wil dit benadruk dat u vir 'n party moet stem wat die durf en die moed het om Suid Afrika regeerbaar te maak. STEM IVP.


 

[Bo] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

 


WERKSGELEENTHEDE
Wanneer miljoene honger burgers nie werk kan kry as gevolg van 'n tekort aan werksgeleenthede nie, word 'n land nie na behore regeer nie. Dit is nie net die werkloses wat hierdie groot krisis moet hanteer nie, dit affekteer die stabiliteit van die hele land en die ligitimiteit van die regering.

 
Om Suid Afrika regeerbaar te maak sal ons:
  • Die belange van die werkloses as prioriteit stel, met spesiale aandag aan sake rakende werkskepping;
  • Entrepeneurskap en die ontwikkeling van klein sake stimuleer, as die dryfkrag agter werkskepping;
  • Die arbeidsmag dereguleer, om dit makliker te maak vir werkgewers om werknemers in diens te neem, en vir voornemende werknemers om in diens geneem te word.
  • Arbeidsintensiewe openbare werksprogramme inisieër;
  • Regeringsbates privatiseer en die opbrengs daarvan gedeeltelik aanwend vir werkskepping;
  • Buitelande beleggings aanmoedig; en
  • Vereis dat alle wetgewing gepaard moet gaan met 'n onafhanklik uitgevoerde Werks Impak Studie, wat sal aandui of die voorgestelde wetgewing werkskepping sal bevoordeel.
 

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

 

MISDAAD

Die primêre verantwoordelikheid van enige regering is om sy burgers te beveilig. As 25,000 burgers egter elke jaar vermoor word en die meeste van hierde moordenaars nie gearresteer word, wat nog te sê voor die hof gedaag en skuldig bevind word nie; word die land nie behoorlik regeer nie. Wanneer duisende vroue en dogters verkrag word en hulle nie moeite doen om hierdie verkragtings aan te meld nie; omdat hulle weet dit is vrugteloos; bly die regering in gebreke om aan sy primêre verantwoordelikheid te voldoen.

Om Suid Afrika regeerbaar te maak sal ons: 
  • Elke moontlike beskikbare bron aanwend in die bekamping van misdaad;
  • Die salarisse, diensvoorwaardes en opleiding van die SAPD verbeter en terselfdertyd toesien dat afwesighede en interne onbevoegdhede verminder;
  • Die regte van die slagoffers van misdaad bo die van die misdadigers stel;
  • Uiters streng optree teen misdadigers, met die insluiting van die instelling van 'n gevolmagtigde verhoor vir sekere misdade teen kinders, vroue en die polisie;
  • Die wesentlike versterking van die bekwaamheid en vermoeë van provinsiale, sowel plaaslike regerings, in die bestuur van polisiëring in die provinsies;
  • Nie verpolitisering van die polisiediens; en
  • 'n Referendum hou vir die herinstel van die doodstraf.

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

 

 

EFFEKTIEWE REGERING
Indien 'n regering swak regeer, stel dit 'n swak voorbeeld en stuit dit effektiwiteit. Die regering het wel transformasie ondergaan oor die afgelope vyf jaar, maar hierdie proses was nie sonder probleme nie. 'n Goeie regering, is 'n regering sonder korrupsie, effektief en bowenal 'n regering ingestel op lewering van positiewe resultate aan die gemeenskap.

 
Om Suid Afrika regeerbaar te maak sal ons: 
  • Die Staatsdiens herstruktureer, ten einde meer fondse beskikbaar te stel vir werklike dienslewering;
  • Bestaande dienste van die Staatsdiens uitkontrakteer, waar dit sal lei tot beter effektiewiteit, sonder die verlies van werksgeleenthede vir Staatsamptenare;
  • Genadeloos toeslaan op amptenare wat hulle posisies misbruik ten einde hulle self te verrryk;
  • Prestasie evaluering vereis van alle staatsdiens aktiwiteite;
  • Alle Senior amptenare kontraktueel verbind tot prestasie evaluering;
  • Mag afwentel na die Provinsies en Plaaslike regeringsvlakke, om meer effektiewe dienslewering aan gemeenskappe te verseker en sodoende die doel, grote asook middelle van die sentrale regering af te skaal;
  • Alle regeringsvlakke verplig om gepaste meganismes vir die invordering van alle dienstegelde daar te stel;
  • Die behuisingsprogram versnel, deur seker te maak dat voldoende bekostigbare behuising vinniger beskikbaar gestel word aan gemeenskappe; en
  • Programme daar stel om armoede uit te skakel in beide landelike sowel as stedelike gebiede.

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

 

 

ONDERWYS

Die onderwys ondervind tans 'n krisis. Om egter die probleem te probeer oplos deur middel van meer fondse, is nie die sleutel tot die oplossing nie. Soos uitslae dikwels bewys het, is die belangrikste element in die verkryging van goeie uitslae, die houding teenoor die onderwysprofessie van beide onderwysers en leerlinge, in plaas van slegs die voorsiening van hulpmiddels.

Om Suid Afrika regeerbaar te maak sal ons: 
  • Dissipline laat herleef in die onderwys, wat 'n einde sal beteken van anargie wat duidelik sy kop by verskeie geleenthede uitsteek;
  • Onderwysers verplig om gehoor te geen aan 'n streng gedragskode;
  • Die verbetering van onderwyser kwalifikasies bespoedig;
  • 'n Kurrikulum vasstel wat finansieël lewensvatbaar, bekostigbaar en haalbaar is;
  • Gemeenskaps en Ouerbetrokkenheid in skooladministrasie aanmoedig;
  • Aansporingsmeganismes daar stel om die bestuur van die onderwys meer resultaat ge-rig in te stel.
 

 

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

 

 

WAARDES



Op vele terreine bevind Suid Afrika hom op die afdraende pad ten opsigte van morele waardes. Ons land word toenemend beskryf as 'n land gekenmerk deur losse sedes, self verryking, korrupsie in die openbare sowel as private sektor, 'n kultuur van eie reg, baantjies vir boeties en nepotisme. Geen van hierdie kenmerke voorspel iets goeds vir die toekoms nie.
 
Om Suid Afrika regeerbaar te maak sal ons: 
  • Betrokke raak in godsdienstige sowel as kulturele organisasies, met die oog op die herstel van morele waardes met spesifieke verwysing na die jeug en in die private sowel as openbare sektore;
  • Staatsleer en UBUNTU insluit in die leerplanne van ons skole;
  • Die hoogste mate van eerlikheid en ywer van amptenare in die staatsdiens verwag en sal ons beskerming verleen aan persone in beheer;
  • Self dissipline, selfstandigheid en slefvertroue aanmoedig; en
  • Maatreëls daar stel om vroue en kinders teen misbruik te beskerm.

 

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Die Pad Vorentoe]

 

 

 

DIE PAD VORENTOE

Ten spyte van ons probleme, het ons en baie toegewyde Suid Afrikaners, hoop en is ons trots op dit wat reeds vermag is. Terwyl ons egter erkenning verleen aan dit wat wel vermag is, moet ons erken dat daar nog baie is wat gedoen moet word.

Wat Suid Afrika die nodigste het, is 'n plan om die groot gaping tussen HOOP en REALITEIT te oorbrug. HOOP voorsien nie werksgeleenthede nie. HOOP voed nie 'n honger gesin nie. HOOP beskerm niemand teen misdaad nie.

Wat eens 'n paradys vir 'n handjievol was, moet nou 'n paradys word vir almal wat bereid is om te bou aan die land. Ons wil graag 'n ekonomies vooruitstrewende en sosiaal stabiele samelewing hê, waarin die huidige eilande van vooruitgang en ontwikkeling uitgebrei sal word, om die groot see van basies onvervulde nood en behoeftes, waaronder die samelewing nog gebuk gaan, aan te spreek.

Om die probleme wat ons in die gesig staar met sukses aan te spreek en die doelwitte wat ons daar stel te bereik, het die land 'n plan van aksie nodig. 'n Plan van aksie wat soms streng maatreëls en ongewilde besluite sal insluit. Die volgende regering in Suid Afrika moet minder klem lë op teorie en die abstrakte en meer klem plaas op die implimentering van dienslewering.

As ons as die nuwe regering verkies sou word, sal ons konsentreer op drie sleutelaspekte van dienslewering effektiewe regering, ekonomiese produktiewiteit en stabiliteit op gemeenskaps vlak. Hierdie is die drie hoekstene van ons plan van aksie. Aandag hieraan veleen, sal die fondament vorm vir 'n uitmuntende Suid Afrika in die nuwe millennium.

Slegs 'n regering met sterk en toegewyde leierskap kan hierdie plan in werking stel. Die IVP onder leierskap van sy President, is sterk en toegewyd genoeg, om te doen wat gedoen moet word.

Dit het tyd geword dat alle welwillende Suid-Afrikaners moet saamstaan en hande vat om hierdie lang termyn poging te laat slaag. Kom wees deel van ons Revolusie van Welwillendheid en maak Suid-Afrika 'n beter land vir almal.
         Stem IVP!

 

[Bo] [Boodskap van die IVP President] [Werksgeleenthede] [Misdaad] [Effektiewe Regering] [Onderwys] [Waardes] [Die Pad Vorentoe]

 

Designed and maintained by Byte Internet Services - Copyright © 1999