IVP Eerste om te Kla Oor die Afskeep Van Afrikaans Deur Stad Kaapstad

 


18 Augustus 2008

Mnr Koos van der Merwe, die Inkatha Vryheidparty se Hoofsweep is pas deur Stad Kaapstad meegdeel dat hy die eerste persoon is wat daarop aandring dat sy munisipale rekenings in Afrikaans aan hom gestuur moet word. Mnr van der Merwe het gekla omdat munisipale rekening slegs in Engels uitgestuur word. 

Stad Kaapstad het erken dat dit die beleid is om munispale rekeninge slegs in Engels beskikbaar te maak, maar indien inwoners dit wel sou aanvra, is munisipale rekeninge ook in Afrikaans of Xhosa beskikbaar. 

Mnr van der Merwe is ingelig dat hy voortaan sy rekening in Afrikaans sal ontvang en is daarop gewys dat daar nog nooit voorheen so 'n versoek was nie. 

Mnr van der Merwe, wat al vele male vir Afrikaans in die bres getree het, het die volgende te sê gehad oor sy oorwinning vir Afrikaans: "Ek verwelkom die Stad Kaapstad se besluit om voortaan my rekening in Afrikaans beskikbaar te maak, maar ek gaan 'n dringende versoek aan die Burgemeester van Kaapstad rig om seker te maak dat die Stad Kaapstad se taalbeleid verander word sodat alle korrespondensie in die taalkeuse van die inwoners van die Stad uitgestuur word en dat Engels nie ander tale verdring nie." 

"Die IVP is 'n party wat glo in die beskerming en bevordering van taalregte soos dit in die Grondwet verskans is. Dis interessant om daarop te let dat dit alweer net die IVP is wat in die bres tree vir Afrikaans terwyl die ander politieke partye swyg," het Van der Merwe gesê. 
 

Vir meer informasie: 
Mnr Koos van der Merwe: 082 444 4944
Liezl van der Merwe: 083 611 7470